X-Kit Presteer! Perdekrag: Afrikaans Tweede Addisionele Taal Graad 12 Studiegids ePDF (perpetual licence)” (9781776101306)

R111.00

X-Kit Presteer! Perdekrag: Afrikaans Tweede Addisionele Taal Graad 12 Studiegids ePDF (perpetual licence)
X-Kit Presteer! Perdekrag: Afrikaans Tweede Addisionele Taal Graad 12 Studiegids ePDF (perpetual licence)
Du Toit, Cecilia (Study Guide notes by Peacock, M)
Cecilia, M
Du Toit, Peacock
Pearson Holdings Southern Africa
Pearson Education Southern Africa
1

9781776101306
9781928330097

Description

Hierdie studiegids vir Perdekrag is saamgestel om jou te help sodat jy sukses kan behaal in die graad 12-letterkunde-eksamen. As jy noukeurig deur die gids werk, sal jy: ◗ die verhaal in die drama baie goed verstaan ◗ verstaan dat ’n drama unieke kenmerke het en weet wat hierdie kenmerke is ◗ woordeskat wat in verband met ’n drama en die opvoering daarvan gebruik word, goed ken ◗ in elke deel deur middel van die toets-jouself-vrae kan bepaal of jou kennis goed genoeg is. Die gids bied die volgende: ◗ inligting wat jou voorberei op die lees van Perdekrag deur die kenmerke van ’n drama te verduidelik, ◗ agtergrondinligting om hierdie drama beter te verstaan, ◗ opsommings in Afrikaans en Engels van die verskillende handelingsmomente in die twee tonele, ◗ geleentheid om die teks met aandag te lees en te ontleed en die estetiese kenmerke van literêre tekste raak te sien, te evalueer en daarop te reageer, soos: ♦ agtergrond, ♦ intrige/plot ♦ karakterisering ♦ hoe karakters en woordgebruik die boodskap of tema in die drama oordra ♦ figuurlike taalgebruik, byvoorbeeld beeldspraak en stylfigure ♦ temas ♦ riglyne om ’n sleuteltoneel in die drama aandagtig te lees, ◗ goeie voorbereiding vir die eksamen met behulp van eksamenwenke en oefenvraestelle, ◗ ’n deel waar woordbetekenisse, literêre terme en eksamenterme nageslaan kan word, ◗ antwoorde vir al die toets-jouself-vrae en die oefenvraestelle. Die Perdekrag-studiegids voldoen aan al die vereistes van die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV). Jy moet in jou kop prentjies maak van die plek waar hierdie drama afspeel (die plek/ruimte buite perdestalle op ’n plaas). Jy moet jou ook verbeel (imagine) hoe die karakters lyk en praat en wat hulle doen, want julle gaan dit in die klas lees en seker nie die opvoering (play) op ’n verhoog (stage) sien nie. Die verhaal in Perdekrag speel af teen die agtergrond van ’n perdryskool (equestrian riding school) met die naam Silwerkloof Stalle. Daar is perdestalle en perdekampe en kinders kom daarheen vir perdrylesse. Dit is wel ’n denkbeeldige plek, maar daar is oral in Suid-Afrika sulke perdryskole. Dit is duur om perde aan te hou, want hulle moet goed versorg word en hulle voer (fodder) kos ook baie. Mense moet dus taamlik baie betaal vir perdrylesse en almal kan dit nie bekostig (afford) nie. Om hierdie rede dink Lucky, die hoofkarakter, dat die ouers van die kinders wat na Silwerkloof Stalle kom, almal ryk mense is. Daar is baie take by perdestalle. Take soos stalle skoonmaak, die saals en tooms (bridles) poleer en die perde borsel, moet by perdestalle uitgevoer word. Lucky en Binki moet dus sulke werk by Wilma se perdryskool doen. Perde is sensitiewe diere. Dit is waar dat perde ’n mens kan “lees” en op jou gedrag kan reageer. Hulle verstaan jou liggaamstaal (body language) en stemtoon. As hulle jou vertrou en jy mooi met hulle praat, sal hulle jou gehoorsaam (obey). Jy kan hierdie eienskap van perde mooi in Perdekrag sien. Die gedeeltes in Perdekrag wat hierop fokus, is meestal geloofwaardig (believable), hoewel dit natuurlik ’n storie is waarin jy soms jou verbeelding (imagination) moet gebruik. Perdry word ook as terapie gebruik om gestremde (disabled) kinders te help, byvoorbeeld kinders wat Downsindroom of breinskade het. Sulke kinders moet heeltyd vasgehou word op die perd se rug, hoewel hulle gewoonlik nog hul liggaamsbewegings kan beheer. Die perd se bewegings onder hulle laat hulle ontspan (relax). Tydens ’n rit word “goedvoelhormone” afgeskei, wat ook die kinders kalmeer. Die hoofkarakter, Lucky, se houding en gedrag is verstaanbaar, want daar is baie mense soos hy wat voel die lewe is onregverdig (unfair), want hulle sien ander mense wie se lewens vir hulle soveel makliker en lekkerder lyk as hulle s’n. Dit is soms vir mense wat veronreg voel (feel wronged) moeilik om hul situasie te aanvaar (accept) en hulle voel dikwels bitter en opstandig (rebellious) daaroor. Een van Lucky se goeie eienskappe is dat hy ouer mense respekteer. Hy bewonder (admire) sy ma en het haar lief. As ons Perdekrag teen hierdie agtergrond (background) lees, sal ons die gebeure in ons gedagtes sien afspeel en die karakters se optrede verstaan. Danksy die e-PDF-formaat van hierdie e-boek kan jy: • die hele boek vanlyn op jou rekenaar of tablet gebruik; • na enige teksgedeelte soek en dit merk; en in ’n japtrap; • in die e-boek self jou eie notas byvoeg en redigeer.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “X-Kit Presteer! Perdekrag: Afrikaans Tweede Addisionele Taal Graad 12 Studiegids ePDF (perpetual licence)” (9781776101306)”

Your email address will not be published. Required fields are marked *