Description
Die Almal verstaan Sosiale Wetenskappe-kursus vir Graad 6 is ontwikkel om die inhoud (kennis, begrippe en vaardighede) te ondersteun wat in die nuwe Kurrikulum- en Assesseringsbeleidverklaring (KABV) vir Sosiale Wetenskappe georganiseer is. Die Almal verstaan Sosiale Wetenskappe-kursus bestaan uit die volgende komponente: • Leerderboek • Onderwysersgids. Hierdie komponente is ontwerp om saam te werk ten einde die onderrig- en leerervaring in die Sosiale Wetenskappe-klaskamer te verryk. Ingesluit in die Almal verstaan Sosiale Wetenskappe Onderwysersgids is die volgende: • ’n Oorsig van die Sosiale Wetenskappe KABV in die vorm van ’n jaarlikse onderrigplan • Riglyne vir assessering en hoe die materiaal voorsiening maak vir inklusiwiteit en integrasie • Addisionele agtergrondinligting vir die onderwyser • ’n Afdeling oor voorkennis wat die onderwyser help om die leerder se gereedheid vir die nuwe werk te bepaal • ’n Aanduiding van die kognitiewe vlakke wat deur die vrae van elke aktiwiteite gedek word • Stap-vir-stap onderrigsriglyne vir elke aktiwiteit, wat ook voorstelle vir informele assessering insluit • Antwoorde op al die klaskamer- en huiswerkaktiwiteite, sowel as assesseringstake • Ondersteunings- (of remediërende) en verrykingsaktiwiteite • Voorbeeld-toetse/eksamens met memorandum. Ook in hierdie reeks beskikbaar vir die Intermediêre Fase:

Reviews
There are no reviews yet.