Description
Almal verstaan Sosiale Wetenskappe Graad 6 Leerderboek is ontwikkel om die inhoud (kennis, begrippe en vaardighede) te ondersteun wat in die nuwe Kurrikulum- en Assesseringsbeleidverklaring (KABV) vir Sosiale Wetenskappe georganiseer is. Die Almal verstaan Sosiale Wetenskappe Leerderboek is geskryf om die onderrig- en leerervaring in die Sosiale Wetenskappe-klas te ondersteun deur die materiaal op ’n visuele en stimulerende manier aan te bied. Elke onderwerp bied die volgende: • ’n Aantreklike openingsbladsy met ’n interaktiewe aktiwiteit om die onderwerp in te lei • Eenhede wat op ’n dubbelblad-ontwerp uitgelê is • Elke eenheid het ’n woordbank, klaskameraktiwiteite en inhoud wat op ’n toeganklike en interessante manier aangebied word • Elke onderwerp eindig met ’n opsomming en formele assesseringstake • Daar is moontlik toetsvrae agterin die boek. Die Almal verstaan Sosiale Wetenskappe Graad 6 Leerderboek word deur die Almal verstaan Sosiale Wetenskappe Graad 6 Onderwysersgids ondersteun. Hierdie kursus voorsien alles wat die onderwyser en leerders benodig om Sosiale Wetenskappe in Graad 6 baas te raak: ’n volledige oplossing vir die klaskamer.
Reviews
There are no reviews yet.