Description
Die Almal verstaan Afrikaans Huistaal-kursus vir Graad 5 is ontwerp om die inhoud (kennis, konsepte en vaardighede) te dek wat in die Nasionale Kurrikulum-Verklaring (NKV) vervat is en in die nuwe Kurrikulum- en Assesseringsbeleid-Verklaring (KABV) vir Afrikaans Huistaal georganiseer is. Die Almal verstaan Afrikaans Huistaal-kursus bestaan uit die volgende komponente:• Leerderboek• Onderwysersgids.Hierdie komponente is ontwerp om saam te werk om die onderrig- en leerervaring in die Afrikaans Huistaal-klaskamer te verryk. Ingesluit in die Almal verstaan Afrikaans Huistaal Onderwysersgids is die volgende: Die kurrikulum vir Afrikaans Huistaal soos in die Kurrikulum- en Assesseringsbeleid-Verklaring (KABV) vir Afrikaans Huistaal uiteengesit• Praktiese bystand met die beginsels van beste praktyk vir klaskamerbestuur• Voorgestelde metodologie vir die gebruik van die Almal Verstaan Afrikaans Huistaal-kursus in die klaskamer
Reviews
There are no reviews yet.