Description
Die Almal Verstaan Toerisme-kursus vir Graad 11 is ontwerp om die inhoud (kennis, konsepte en vaardighede) te dek wat in die nuwe Kurrikulum- en Assesseringsbeleidverklaring (KABV) vir toerisme georganiseer is. Die Almal Verstaan Toerisme-kursus bestaan uit die volgende komponente: • Leerderboek • Onderwysersgids. Hierdie komponente is ontwerp om saam te werk om die onderrig- en leerervaring in die toerisme-klaskamer te verryk. Ingesluit in die Almal Verstaan Toerisme Onderwysersgids is die volgende: • Die kurrikulum vir toerisme soos in die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidverklaring (KABV) vir toerisme uiteengesit • Praktiese bystand met die beginsels van beste praktyk vir klaskamerbestuur • Voorgestelde metodologie vir die gebruik van die Almal Verstaan Toerisme-kursus in die klaskamer • Antwoorde op al die aktiwiteite in die Almal Verstaan Toerisme Leerderboek • Addisionele aktiwiteite (en antwoorde op hierdie aktiwiteite) vir die onderwyser om, soos toepaslik, te gebruik.
Reviews
There are no reviews yet.