Description
Almal Verstaan Lewensoriëntering Graad 11 Leerderboek is ontwerp om die inhoud (kennis, konsepte en vaardighede) wat in die Nasionale Kurrikulum-Verklaring (NKV) vervat is en in die nuwe Kurrikulum- en Assesseringsbeleidverklaring (KABV) georganiseer is, te ondersteun. Die Almal Verstaan Lewensoriëntering Graad 11 Leerderboek is só ontwerp om die onderrig- en leerervaring in die Lewensoriënteringklaskamer te ondersteun deur die materiaal in lesse van 30–60 minute aan te bied. Leerders sal in elke les: • vasstel wat hulle reeds van ’n onderwerp weet • nuwe feite oor ’n onderwerp leer • die nuwe kennis, konsepte en vaardighede wat hulle in die les aangeleer het, oefen deur dit te gebruik. Die volgende word verder ook aan leerders voorsien: • Addisionele huiswerkaktiwiteite • Ekstra oefenaktiwiteite wat beide remediële en verrykingsaktiwiteite insluit • ’n Opsomming van ’n eenheid van werk. ’n Eenheid kan uit een of meer weke se werk bestaan Die Almal Verstaan Lewensoriëntering Graad 11 Leerderboek word deur die Almal Verstaan Lewensoriëntering Onderwysersgids ondersteun. Hierdie kursus voorsien alles wat die onderwyser en die leerder benodig om Lewensoriëntering in Graad 11 te bemeester: ’n volledige oplossing vir die klaskamer.
Reviews
There are no reviews yet.