Description
Die Almal Verstaan Lewenswetenskappe-kursus is ontwerp om die inhoud (kennis, konsepte en vaardighede) te dek wat in die Nasionale Kurrikulum-Verklaring (NKV) vervat is en in die nuwe Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Lewenswetenskappe georganiseer is. Die Almal Verstaan Lewenswetenskappe-kursus bestaan uit die volgende komponente: • Leerderboek • Onderwysersgids Hierdie komponente is ontwerp om saam te werk om die onderrig- en leerervaring in die Lewenswetenskappe-klaskamer te verryk. Ingesluit in die Almal Verstaan Lewenswetenskappe Onderwysersgids is die volgende: • Voorgestelde metodologie vir die gebruik van die Almal Verstaan Lewenswetenskappe-kursus in die klaskamer • Volledige antwoorde met punte-toekennings op al die vrae in die Leerderboek • ’n Voorgestelde program vir formele assessering • Rubrieke vir die assessering van spesifieke aktiwiteite asook generiese rubrieke • Oefentoetse en -eksamens.
Reviews
There are no reviews yet.