Die Kind Graad 10 Novel EAT ePub (One Year licence) (Approved Literature)

R49.50

Die Kind Graad 10 Novel EAT ePUB (perpetual licence)
Die Kind Graad 10 Novel EAT ePUB (perpetual licence)
Van Tonder, J
J
Van Tonder
Maskew Miller Longman
Pearson Education Southern Africa
1

Description

Amazolo het die laaste maande van haar tyd gevra dat die kind in haar moet doodgaan, en sy saam met hom. Mlenzana het nie teruggekom nie. Sy het aanhou werk, tot op die laaste dag, asof sy nie kind gedra het nie en almal het oor haar gepraat, die hele Msinga vol, en verder weg tot by Bomvini en Thenjini, en die Zondi. “Ek sien jou,” het sy gegroet wanneer sy iemand raakloop, maar niemand het geantwoord nie. Hulle het geweet dat sy die kind nie wou hê nie. Jan van Tonder betree in hierdie roman die magiese wêreld van die menslike religie waarin realiteit en mistiek moeilik van mekaar te onderskei is. Sentraal staan die uitverkore kind wat deur dié wat dood is en tóg lewe, gemerk is om ’n groot man te word – ten spyte van sy verskeurdheid tussen eenvoud en weelde en moeder en ma. Die een het hom in die lewe gebring, die ander het hom gesoog. Maar ’n kind kan nie tussen twee ma’s staan as die een van riet en die ander van sterklip gemaak is nie. Hierdie uitgawe van Die kind, bied omvattende studiemateriaal, spesifiek vir leerders van Afrikaans as Eerste Addisionele Taal. Hierdie e-boek is ’n digitale weergawe van die gedrukte boek wat vir die KABV goedgekeur is. Die e-boekformaat sluit die volgende voordele in: • Die vermoë om op ’n rekenaar, skootrekenaar of tablet na die inhoud te kyk; • Soos leerders die skrifgrootte stel of die tablet draai, verander die teks sodat dit steeds op die toestel se skerm pas. Sodoende word ’n optimale lees- en leerervaring verseker; en • Leerders kan aantekeninge maak, teks met kleur beklemtoon en plekke in die teks merk om later weer daarna te kyk. Daar is ook toegang tot video- en klankgrepe vir ouditiewe en visuele leer.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die Kind Graad 10 Novel EAT ePub (One Year licence) (Approved Literature)”

Your email address will not be published. Required fields are marked *