X-Kit Presteer! Die kind: Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 10 Studiegids ePDF (perpetual licence)

R129.00

X-Kit Presteer! Die kind: Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 10 Studiegids ePDF (perpetual licence)
X-Kit Presteer! Die kind: Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 10 Studiegids ePDF (perpetual licence)
Van Tonder, Jan (Study Guide notes by Gouws, R)
Jan, R
Van Tonder, Gouws
Pearson Holdings Southern Africa
Pearson Education Southern Africa
1

Description

Die kind-studiegids is saamgestel om jou te help om sukses te behaal in die Graad 10 Eerste Addisionele Taal Letterkunde-eksamen. As jy noukeurig deur die studiegids werk en die riglyne volg, sal jy: ◗◗ vind dat hierdie roman vir jou ’n interessante leeservaring word ◗◗ die verhaal baie goed begryp ◗◗ die insig hê om die teks te ontleed en die letterkundeterme te verstaan ◗◗ die eksamen met selfvertroue kan aanpak en sukses behaal in die eksamen. Hierdie studiegids bied: ◗◗ agtergrondinligting om die konteks van die roman beter te verstaan en die karakters vir jou te laat “leef” ◗◗ ’n samevatting van die belangrikste gebeure en volledige opsommings van elke hoofstuk vir hersiening ◗◗ uitgebreide aantekeninge en besprekings van al die letterkundebegrippe in die kurrikulum sodat jy dit kan verstaan en in die eksamen kan toepas ◗◗ byvoeglike naamwoorde wat die hoofkarakters bondig beskryf en hersiening vergemaklik ◗◗ belangrike aanhalings wat hoofmomente in die verhaal toelig en in jou eksamenantwoorde gebruik kan word ◗◗ glossariums met verklarings vir eksamenterme, woorde uit die teks en letterkundebegrippe vir vinnige naslaan ◗◗ voorbeeldvrae en -antwoorde om jou te help met eksamenvoorbereiding ◗◗ Toets-jouself-vrae en -antwoorde vir selfassessering en om jou vordering te monitor. Die kind-studiegids is deur ’n kundige voorberei en voldoen aan al die vereistes van die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring. Dit sal jou help om hierdie puik letterkundige werk wat vir Graad 10 voorgeskryf is, werklik goed te verstaan en om in die eksamen te slaag. Die kind is in 1989 gepubliseer. Die verhaal speel af in die tweede helfte van die twintigste eeu in KwaZulu-Natal in Suid-Afrika. Die kaart hieronder wys waar die grootste deel van die verhaal plaasvind. Al die karakters in Die kind is Zoeloe. Die Zoeloekultuur en -tradisies is baie belangrik in die verhaal. Die volgende inligting vertel meer van die kultuur en tradisies van die Zoeloes. Danksy die e-PDF-formaat van hierdie e-boek kan jy: • die hele boek vanlyn op jou rekenaar of tablet gebruik; • na enige teksgedeelte soek en dit merk; en in ’n japtrap; • in die e-boek self jou eie notas byvoeg en redigeer.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “X-Kit Presteer! Die kind: Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 10 Studiegids ePDF (perpetual licence)”

Your email address will not be published. Required fields are marked *