X-Kit Presteer! Die kruppel engel: Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 11 Studiegids ePDF (perpetual licence)” (9781776101207)

R122.00

X-Kit Presteer! Die kruppel engel: Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 11 Studiegids ePDF (perpetual licence)
X-Kit Presteer! Die kruppel engel: Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 11 Studiegids ePDF (perpetual licence)
Kock, Zenobia (Study Guide notes by Hugo, R)
Zenobia, R
Kock, Hugo
Pearson Holdings Southern Africa
Pearson Education Southern Africa

4/2016

Description

Hierdie studiegids oor Die kruppel engel is saamgestel om jou te help om sukses te behaal in die eksamen. As jy noukeurig deur die studiegids werk, sal jy: ◗◗ voorberei word op die lees van die roman; ◗◗ meer inligting oor die skrywer kry; ◗◗ vind dat die roman ’n interessante leeservaring word; ◗◗ die verhaal goed begryp; ◗◗ die insig hê om die teks te ontleed en die literêre terme te verstaan; ◗◗ ’n praktiese voorbeeld hê van hoe om ’n sleuteltoneel te ontleed; ◗◗ die eksamen met selfvertroue en sukses kan aanpak. Hierdie studiegids bied: ◗◗ agtergrondinligting om die konteks van die roman beter te verstaan en die karakters vir jou te laat “leef”; ◗◗ ’n samevatting van die belangrikste gebeure en volledige opsommings van elke deel vir hersiening; ◗◗ uitgebreide aantekeninge en besprekings van al die letterkundebegrippe in die kurrikulum, sodat jy dit kan verstaan en in die eksamen kan toepas; ◗◗ belangrike aanhalings wat hoofmomente in die verhaal toelig en in jou eksamenantwoorde gebruik kan word; ◗◗ ’n woordeskatlys van moeilike woorde in die roman, met Engelse vertalings en ’n Afrikaanse omskrywing; ◗◗ ’n glossarium met verklarings vir literêre begrippe en eksamenterme vir vinnige naslaan; ◗◗ voorbeeldvrae en -antwoorde om jou te help met eksamenvoorbereiding; en ◗◗ toets-jouself-vrae en -antwoorde vir selfassessering en om jou vordering te monitor. Hierdie studiegids oor Die kruppel engel is deur ’n kundige voorberei en voldoen aan die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV). Dit sal jou help om hierdie roman wat vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 11 voorgeskryf is, goed te verstaan en om die eksamen te slaag. Die kruppel engel is in 2012 gepubliseer. Die verhaal speel af ná 1994 in die Karoo in Suid-Afrika. Die volgende kaart wys waar die grootste gedeelte van die gebeure plaasvind. Inligting oor die skrywer Zenobia Kock is oorspronklik van Colesberg in die Noord-Kaap waar sy vir lank gewoon het. Dit is ook hier waar sy met baie bruin mense in aanraking gekom het en die storie van Die kruppel engel begin het. Sy het intussen vir ’n ruk in Skotland gaan woon, maar is terug in Suid- Afrika en bly op die oomblik in Umtata. Baie van die mense met wie sy in die Noord-Kaap in aanraking gekom het, was plaaswerkers en afstammelinge van die Karretjiesmense. Volgens die skrywer is daar vreeslik baie buite-egtelike kinders in hierdie omgewing en sommige van hulle vind nooit uit wie hulle pa’s is nie. Hierdie jeugroman, Die kruppel engel, handel oor so ’n kind. Ons hoor dat Ma Lettie op Engelsplaas agtergebly het en dat Oumies (Martina Marais) haar geleer het om te lees en skryf. Dit is ook hier waar ’n seksuele verhouding tussen die seun van Oumies, Stefaans Marais, en die mooi 16-jarige Lettie, ontwikkel. Zenobia Kock is ook die skrywer van Die mense wat so rou is wat in 2000 verskyn het. Danksy die e-PDF-formaat van hierdie e-boek kan jy: • die hele boek vanlyn op jou rekenaar of tablet gebruik; • na enige teksgedeelte soek en dit merk; en in ’n japtrap; • in die e-boek self jou eie notas byvoeg en redigeer.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “X-Kit Presteer! Die kruppel engel: Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 11 Studiegids ePDF (perpetual licence)” (9781776101207)”

Your email address will not be published. Required fields are marked *