Description
Hierdie studiegids oor Droomdelwers is saamgestel om jou te help om sukses te behaal in die eksamen. As jy noukeurig deur die studiegids werk sal jy: ◗◗ voorberei word op die lees van die roman; ◗◗ meer inligting oor die skrywer kry; ◗◗ vind dat die roman ’n interessante leeservaring word; ◗◗ die verhaal goed begryp; ◗◗ die insig hê om die teks te ontleed en die literêre terme te verstaan; ◗◗ ’n praktiese voorbeeld hê van hoe om ’n sleuteltoneel te ontleed; en ◗◗ die eksamen met selfvertroue en sukses kan aanpak. Hierdie studiegids bied: ◗◗ agtergrondinligting om die konteks van die roman beter te verstaan en die karakters vir jou te laat “leef”; ◗◗ ’n samevatting van die belangrikste gebeure en volledige opsommings van elke hoofstuk vir hersiening; ◗◗ uitgebreide aantekeninge en besprekings van al die letterkundebegrippe in die kurrikulum sodat jy dit kan verstaan en in die eksamen kan toepas; ◗◗ belangrike aanhalings wat hoofmomente in die verhaal toelig en in jou eksamenantwoorde gebruik kan word; ◗◗ ’n glossarium met verklarings vir literêre begrippe en eksamenterme vir vinnige naslaan; ◗◗ ’n woordeskatlys waarin moeilike woorde in die roman omskryf word; ◗◗ voorbeeldvrae en -antwoorde om jou te help met eksamenvoorbereiding; en ◗◗ toets-jouself-vrae en -antwoorde vir selfassessering en om jou vordering te monitor. Hierdie studiegids oor Droomdelwers is deur ’n kundige voorberei en voldoen aan die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV). Dit sal jou help om hierdie roman wat vir Graad 11 Huistaal voorgeskryf is goed te verstaan en om die eksamen te slaag. Die Weskus-dorpie Paternoster was onlangs in die nuus omdat die gemeenskap moes verskuif weens nuwe ontwikkelings. In Droomdelwers is dit die mense van Vlaktevlei wat ontruim moet word omdat daar ’n nuwe vakansieoord beplan word. Die ryk Redelinghuyse besit die grond waarop Vlaktevlei ontstaan het. In die verlede is Vlaktevlei aan die munisipaliteit verhuur en na 99 jaar sou die huurpag verval. Nou eis die Redelinghuyse dat die bruin gemeenskap wat daar woon, verskuif moet word sodat hulle ’n luukse vakansieoord daar kan bou. Danksy die e-PDF-formaat van hierdie e-boek kan jy: • die hele boek vanlyn op jou rekenaar of tablet gebruik; • na enige teksgedeelte soek en dit merk; en in ’n japtrap; • in die e-boek self jou eie notas byvoeg en redigeer.
Reviews
There are no reviews yet.