X-Kit Presteer! Lien se lankstaanskoene: Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 12 Studiegids ePDF (perpetual licence)” (9781776101269)

R122.00

X-Kit Presteer! Lien se lankstaanskoene: Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 12 Studiegids ePDF (perpetual licence)
X-Kit Presteer! Lien se lankstaanskoene: Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 12 Studiegids ePDF (perpetual licence)
Van der Walt, Derick (Study Guide notes by Gouws, R)
Derick, R
Van der Walt, Gouws
Pearson Holdings Southern Africa
Pearson Education Southern Africa
1

Description

Lien se lankstaanskoene-studiegids is saamgestel om jou te help om sukses te behaal in die Graad 12 Eerste Addisionele Taal Letterkunde-eksamen. As jy noukeurig deur die studiegids werk en die riglyne volg, sal jy: ◗◗ vind dat hierdie roman vir jou ’n interessante leeservaring word ◗◗ die verhaal baie goed begryp ◗◗ die insig hê om die teks te ontleed en die letterkundeterme te verstaan ◗◗ die eksamen met selfvertroue kan aanpak en sukses behaal in die eksamen. Hierdie studiegids bied: ◗◗ agtergrondinligting om die konteks van die roman beter te verstaan en die karakters vir jou te laat “leef” ◗◗ ’n samevatting van die belangrikste gebeure en volledige opsommings van elke hoofstuk vir hersiening ◗◗ uitgebreide aantekeninge en besprekings van al die letterkundebegrippe in die kurrikulum sodat jy dit kan verstaan en in die eksamen kan toepas ◗◗ byvoeglike naamwoorde wat die hoofkarakters bondig beskryf en hersiening vergemaklik ◗◗ belangrike aanhalings wat hoofmomente in die verhaal toelig en in jou eksamenantwoorde gebruik kan word ◗◗ glossariums met verklarings vir eksamenterme, woorde uit die teks en letterkundebegrippe vir vinnige naslaan ◗◗ voorbeeldvrae en -antwoorde om jou te help met eksamenvoorbereiding ◗◗ Toets-jouself-vrae en -antwoorde vir selfassessering en om jou vordering te monitor. Lien se lankstaanskoene-studiegids is deur ’n kundige voorberei en voldoen aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring. Dit sal jou help om hierdie letterkundige werk wat vir Graad 12 voorgeskryf is, werklik goed te verstaan en om in die eksamen te slaag. Lien se lankstaanskoene is in 2008 gepubliseer. Die verhaal speel af aan die begin van die een-en-twintigste eeu in Pretoria. Die kaart hieronder wys waar Pretoria in Suid-Afrika is. Inligting oor die skrywer Derick van der Walt se skrywersloopbaan het in graad 5 begin nadat hy ’n skryfwedstryd in ’n radioprogram gewen het. Alhoewel hy in 1958 op die Vrystaatse dorpie Virginia gebore is, het hy in Johannesburg en later in Pretoria grootgeword. Hy matrikuleer aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria. Sy debuutboek, Lien se lankstaanskoene, word in 2008 deur Tafelberg uitgegee. Vir Lien se lankstaanskoene ontvang hy twee toekennings: die Goue Sanlamprys vir Jeuglektuur in 2007 en die M.E.R.-prys vir Jeugliteratuur in 2009. Verder word die boek ook in 2010 op die Ererol van Ibby (International Board on Books for Young People) opgeneem. Hy is getroud met Lenie en saam het hulle drie seuns wat al groot is: Tjaart, Werner en André. Derick is die eienaar van Greenpepper Communications, ’n firma in Pretoria wat korporatiewe publikasies produseer. In 2012 het hy sy meestersgraad in kreatiewe skryfkuns (spesifiek oor fiksie vir jong volwassenes) aan die Universiteit van Pretoria behaal. Hy skryf omdat dit vir hom lekker is om te skryf en nie bloot om ’n boodskap oor te dra nie. Behalwe om te skryf en te lees, hou hy ook baie van musiek en hy sal nooit skryf sonder om terselfdertyd na musiek te luister nie. Ander jeugboeke wat hy geskryf het, is Willem Poprok, Hoopvol en Bambaduze. Danksy die e-PDF-formaat van hierdie e-boek kan jy: • die hele boek vanlyn op jou rekenaar of tablet gebruik; • na enige teksgedeelte soek en dit merk; en in ’n japtrap; • in die e-boek self jou eie notas byvoeg en redigeer.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “X-Kit Presteer! Lien se lankstaanskoene: Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 12 Studiegids ePDF (perpetual licence)” (9781776101269)”

Your email address will not be published. Required fields are marked *