Description
Die Verneukkind en ander verhale-studiegids is saamgestel om jou te help om sukses te behaal in die Graad 11-letterkunde-eksamen. As jy noukeurig deur die studiegids werk en die riglyne volg, sal jy: ◗◗ vind dat hierdie kortverhale vir jou ’n interessante leeservaring word; ◗◗ die verhale baie goed begryp; ◗◗ die insig hê om die teks te ontleed en die letterkundeterme te verstaan; ◗◗ die eksamen met selfvertroue kan aanpak en sukses behaal in die eksamen. Hierdie studiegids bied: ◗◗ agtergrondinligting om die konteks van die verhale beter te verstaan en die karakters vir jou te laat “leef”; ◗◗ volledige opsommings van elke verhaal in Afrikaans en Engels vir hersiening; ◗◗ uitgebreide aantekeninge en besprekings van al die letterkundebegrippe in die kurrikulum sodat jy dit kan verstaan en in die eksamen kan toepas; ◗◗ byvoeglike naamwoorde wat die hoofkarakters bondig beskryf en hersiening vergemaklik; ◗◗ belangrike aanhalings wat hoofmomente in die verhale toelig en in jou eksamenantwoorde gebruik kan word; ◗◗ treffende illustrasies van karakters en tonele wat jou met visualisering sal help; ◗◗ glossariums met verklarings vir woorde uit die teks en eksamenterme vir vinnige naslaan; ◗◗ voorbeeldvrae en -antwoorde om jou met eksamenvoorbereiding te help; ◗◗ Toets-jouself-vrae en -antwoorde vir selfassessering en om jou vordering te monitor. Die Verneukkind en ander verhale-studiegids is deur kundiges voorberei en voldoen aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV). Dit sal jou help om hierdie puik letterkundige werk wat vir Graad 11 voorgeskryf is, werklik goed te verstaan en om in die eksamen te slaag. Danksy die e-PDF-formaat van hierdie e-boek kan jy: • die hele boek vanlyn op jou rekenaar of tablet gebruik; • na enige teksgedeelte soek en dit merk; en in ’n japtrap; • in die e-boek self jou eie notas byvoeg en redigeer.
Reviews
There are no reviews yet.