Description
Die Almal Verstaan Lewensoriëntering-kursus vir Graad 11 is ontwerp om die inhoud (kennis, konsepte en vaardighede) te dek wat in die Nasionale Kurrikulum-Verklaring (NKV) vervat is en in die nuwe Kurrikulum- en Assesseringsbeleidverklaring (KABV) vir Lewensoriëntering georganiseer is. Die Almal Verstaan Lewensoriëntering-kursus bestaan uit die volgende komponente: • Leerderboek • Onderwysersgids Hierdie komponente is ontwerp om saam te werk om die onderrig- en leerervaring in die Lewensoriëntering-klaskamer te verryk. Ingesluit in die Almal Verstaan Lewensoriëntering Onderwysersgids is die volgende: • Die kurrikulum vir Lewensoriëntering soos in die Kurrikulumen Assesseringsbeleid-Verklaring (KAV) vir Lewensoriëntering uiteengesit. • Praktiese bystand met die beginsels van beste praktyk vir klaskamerbestuur. • Voorgestelde metodologie vir die gebruik van die Almal Verstaan Lewensoriëntering-kursus in die klaskamer. • Antwoorde op al die aktiwiteite in die Almal Verstaan Lewensoriëntering Leerderboek. • Addisionele aktiwiteite (en antwoorde op hierdie aktiwiteite) vir die onderwyser om, soos toepaslik, te gebruik. • Addisionele materiaal, vanuit ’n verskeidenheid bronne, wat die onderwyser van ’n volledige oplossing vir die onderrig van Lewensoriëntering in Graad 11 voorsien.
Reviews
There are no reviews yet.