X-Kit Presteer! Onderwêreld: Afrikaans Huistaal Graad 12 Studiegids ePDF (perpetual licence)” (9781776101160)

R122.00

X-Kit Presteer! Onderwêreld: Afrikaans Huistaal Graad 12 Studiegids ePDF (perpetual licence)
X-Kit Presteer! Onderwêreld: Afrikaans Huistaal Graad 12 Studiegids ePDF (perpetual licence)
Viljoen, Fanie
Fanie
Viljoen
Pearson Holdings Southern Africa
Pearson Education Southern Africa
1

SKU: 9781776101160 Categories: ,

Description

Hierdie studiegids oor Onderwêreld is saamgestel om jou te help om sukses te behaal in die eksamen. As jy noukeurig deur die studiegids werk sal jy: ◗◗ voorberei word op die lees van die roman; ◗◗ meer inligting oor die skrywer kry; ◗◗ vind dat die roman ’n interessante leeservaring word; ◗◗ die verhaal goed begryp; ◗◗ die insig hê om die teks te ontleed en die literêre terme te verstaan; ◗◗ ’n praktiese voorbeeld hê van hoe om ’n sleuteltoneel te ontleed; en ◗◗ die eksamen met selfvertroue en sukses kan aanpak. Hierdie studiegids bied: ◗◗ agtergrondinligting om die konteks van die roman beter te verstaan en die karakters vir jou te laat “leef”; ◗◗ ’n samevatting van die belangrikste gebeure en volledige opsommings van elke deel vir hersiening; ◗◗ uitgebreide aantekeninge en besprekings van al die letterkundebegrippe in die kurrikulum sodat jy dit kan verstaan en in die eksamen kan toepas; ◗◗ belangrike aanhalings wat hoofmomente in die verhaal toelig en in jou eksamenantwoorde gebruik kan word; ◗◗ ’n glossarium met verklarings vir literêre begrippe en eksamenterme vir vinnige naslaan; ◗◗ ’n woordeskatlys waarin moeilike woorde in die roman omskryf word; ◗◗ voorbeeldvrae en -antwoorde om jou te help met eksamenvoorbereiding; en ◗◗ toets-jouself-vrae en -antwoorde vir selfassessering en om jou vordering te monitor. Hierdie studiegids oor Onderwêreld is deur ’n kundige voorberei en voldoen aan die vereistes van die nasionale Kurrkulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV). Dit sal jou help om hierdie roman wat vir Graad 12 Huistaal voorgeskryf is goed te verstaan en om die eksamen te slaag. Hierdie boek is in 2007 met die Silwer Sanlam-prys vir jeuglektuur en in 2009 met ’n ATKV Kinderboektoekenning bekroon. Fanie Viljoen, die skrywer, praat in die video (www.youtube.com/watch?v=Dr2X1Tw-rs0) oor die ontstaan van Onderwêreld. Hierin noem hy dat die tema van die Tafelberg-Sanlamjeuglektuurkompetisie in 2007 tegnologie was. Hy het in daardie stadium gaan kyk wat in die wêreld van tegnologie aan die gebeur was waaroor ’n mens ’n jeugverhaal sou kon maak. Toe hy op die Media 24-artikel “Hackers: the coming threat” afkom, het hy geweet hy het sy tema gekry: kuberkrakers. Danksy die e-PDF-formaat van hierdie e-boek kan jy: • die hele boek vanlyn op jou rekenaar of tablet gebruik; • na enige teksgedeelte soek en dit merk; en in ’n japtrap; • in die e-boek self jou eie notas byvoeg en redigeer.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “X-Kit Presteer! Onderwêreld: Afrikaans Huistaal Graad 12 Studiegids ePDF (perpetual licence)” (9781776101160)”

Your email address will not be published. Required fields are marked *